Wil jy die stigma en stilte rondom depressie en angs as geestesiektes breek? Sluit dan aan vir die Hope Hike om bewustheid te skep rakende hierdie geestestoestande as kliniese, biologiese siektes terwyl jy ’n prettige oggendstap deur die Boland se wingerde doen – of doen dit waar jy ook al is, want jy kan ook virtueel inskryf en jou stap doen waar en wanneer dit jou pas.
Te veel Suid-Afrikaners ly aan uitbranding, depressie en angsversteurings, en syfers wys dat sommige mense tot tien jaar wag voordat hulle hulp soek. ’n Geestesiekte is ’n siekte, nie ’n swakheid nie, en dit kan – en moet – behandel word.
Syfers toon die uitwerking wat geestesongesteldheid op ons gemeenskappe en die samelewing in die breë het. Hoe gouer jy die simptome herken en hulp soek, hoe gouer kan jy die siekte met die hulp van terapie en medikasie bestuur.
Om te wys jy gee om, begin stap en begin praat!
Sluit by ons aan vir die Hope Hike om bewustheid oor geestesgesondheid te verhoog en jou bydrae te lewer om die stilte en stigma rakende depressie en ander geestesiektes te breek.
Alle geld wat deur die Ithemba-stigting ingesamel word, gaan na die stigting se beursfonds om navorsing oor geestesgesondheid te ondersteun. Die Hope Hike is jou geleentheid om te help om die stilte oor hierdie siektes van wanhoop te breek en hoop te bring.
Versprei die boodskap dat daar geen gesondheid sonder geestesgesondheid is nie. Word ’n ambassadeur vir Hoop deur Oktober – of HOPEtober – deur jou “hemelblou vir hoop”-bewusmakingslint te dra. Sluit by ons aan vir die Hope Hike en dra iets blou om te wys jy gee om. Bly daarna vir die prysuitdeling vir die drie geleenthede van 5 km, 10 km en die 7 km-Klapmuts-koppieklim, asook gelukstrekkings soos Woolies-koopbewyse ter waarde van R500.
Moenie vergeet om jou selfie en jou inskrywingsnommer voor Dinsdag 29 Oktober op Ithemba se Facebook- of Instagrampaaie te plaas nie.
’n Virtuele prystrekking word Vrydag 1 November vir die selfies gehou (moenie vergeet om jou inskrywingsbesonderhede by te voeg nie).
Wanneer en waar:
Sondag 27 Oktober, Delvera, hoek van R44 en Muldersvleiweg, Stellenbosch; of kies jou eie roete vir ’n virtuele Hope Hike waar jy ook al is.
Begintyd
:
7 km – Klapmuts-koppieklim; 07:30
10 km-stap: 07:35
5 km-stap: 07:45
(Registrasie begin om 06:30)
Die koste vir alle afstande beloop R80 vir volwassenes en R50 vir leerders en studente.
Besoek www.entryninja.com vir inskrywings.
Skryf nou in om die Geestesgesondheidsbewustheidsmaand op ’n stylvolle manier en vir ’n goeie doel af te sluit!. Besoek ithembafoundation.org.za vir nog inligting oor die Ithemba-stigting en die werk wat dié organisasie doen.


