Die Sondagskool van die VGK Robertson-Oos het onlangs op Jeugdag ’n optog gehou deur die strate van Robertson om die nood van die jeug te beklemtoon. Hulle is deur die strate begelei deur lede van die polisie asook die Robertson brandweer. Verskeie kerkleiers asook lede van die Domino-klub en die Robertson Rangers-rugbyklub het hulle bygestaan. Hulle het alle rolspelers en borge vir hul bydraes bedank, wat daartoe gelei het dat die dag ’n groot sukses was.

Credit: SYSTEM

sondagskool sê dankie vir jeugdagvieringe

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article