Elana de Villiers (agter links) van Malmesbury se wolwinkel het verlede week kombersies uitgedeel. Dit is minstens 20 komberse wat spesiaal gebrei en gehekel is vir die meisies wat tydelik in Elkana-kindersorg in Malmesbury woon totdat hul huislike omstandighede uitgesorteer kan word. Omdat die meisies se identiteit beskerm moet word, het Elana en haar vriendin Esmé Kotzé (agter regs) saam met die versorgers op grappenderwyse die inwonertjies elk onder hul eie nuwe kombersies om hul teen die winterkoue te beskerm, toegedraai. Ook op die foto is die personeellede Sue-Anita Warnick en Janay Baadjies. Foto: Sarie Nell


Snoesig teen die winterkoue

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article