Elke inwoner en organisasie in die Robertson-omgewing word genooi om deel van die Robertson-gemeenskapspolisiëringsforum te word.
Lidmaatskap sal aan elke betrokkene die geleentheid gee om betrokke te raak by die veiligheid van ons gemeenskap en gesinne deur saam met die plaaslike polisie veiligheid en misdaadvoorkoming aan te pak.
Dit gee inwoners ook ’n forum om die polisie aanspreeklik te hou vir dienslewering in die gemeenskap.
Hoe om deel te word:. Organisasies wat wil aansluit, kan na https://forms.gle/6PdCR9eicdCsWSLd8 gaan om aan te sluit en die vorm na robertsoncpf@gmail.com stuur.. Individue wat wil aansluit kan na https://forms.gle/YL989tSPFU8GGNzD6 gaan en ook die aansoekvorm per e-pos indien (robertsoncpf@gmail.com). . Indien ’n vorm per WhatsApp versoek word, kan belangstellendes 082 326 1370 kontak en die vorm ook na die gemeenskapspolisiëringsforum se e-pos-adres by robertsoncpf@gmail.com stuur. . Gedrukte vorms is ook beskikbaar by die Robertson-polisiekantoor, waar dit net daar ingevul en ingedien kan word.




