New Breed Empowerment in samewerking met die raadslid Paula Hess het Donderdag 30 Maart ’n inligtingsessie in die Robertson-stadsaal gehou oor geslagsgebasseerde geweld (GBV), hoe om dit te hanteer en watter stappe om te volg wanneer jy jou in só situasie bevind. Meer as 200 mense is bereik terwyl verskillende sprekers, soos Dana Slingers, Fatima Lotz en ander, die gehoor bemagtig het. Bemagtigingsessies oor geslagsgebasseerde geweld is oral in die Langeberg begin om vroue en mans te bemagtig om geslagsgebasseerde geweld te hanteer en hulle in kennis te stel na wie om te gaan. Ashton se bemagtigingsessie sal Saterdag 22 April plaasvind, terwyl die sessie vir McGregor Saterdag 28 April aan die beurt kom. Newbreed doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te ondersteun met nood-pakkies vir vroue en kinders. Vir meer inligting of om te help, bel Serra Noble by 074 868 5760.Foto: Joe Johannes Jansen


Slagoffers bemagtig

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article