‘n Boek wat tweede onder die top-10-boeke op Netwerk24 se verkopelys vir Augustus lê, is verlede week in Malmesbury bekendgestel. Breekpunt – Dooie mense lieg nie, is Marie Lotz se vierde “krimi” in drie jaar, het sy aan die gehoor in die Malmesbury-biblioteek vertel. Hierdie skrywer, wat in Pretoria woon, het boekbekendstellings in slegs drie Wes-Kaapse dorpe aangebied. Die aand is gekenmerk deur genoeg vraetyd oor haar boeke met haar helder skryfstyl, goeie navorsing en die erge Bolandse koue wat haar onkant gevang het. ’n Volgende boekbekendstelling word reeds beplan, naamlik Donker Water deur Martin Steyn op 12 September teen R60 per persoon. Dit sluit ligte verversings in. Kontak die biblioteekpersoneel by 022 4879439 om jou sitplek te bespreek. Op die foto is die Malmesbury-biblioteekpersoneel saam met die besoekers Jana en Angenita Mynhardt (agter). Links voor sit die skrywer, Marie Lotz, en die gesprekleier, Fourie Botha. Foto: Sarie Nell


skrywer gesels oor dooies wat nie waarheid verdraai

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article