Die jaarlikse Swartland Kleingraan Ontwikkelingsgroep se inligtingsdag, beter bekend as SKOG, vind eersdaags op 24 Augustus plaas. Die geleentheid wat op die navorsingsplaas, Langgewens tussen Malmesbury en Moorreesburg aangebied word, beloof om gereed te staan met al die inligting nodig vir ’n suksesvolle graanoes.

Die inligtingsdag bestaan onder meer uit proefbesigtigings wat gratis bygewoon kan word.

Die tema van vanjaar is, “Plant, bemes, spuit en wei!”. Vir meer inligting druk op die skakel of gaan na (https://youtu.be/PuX1YP5rcJk). Daar is vanjaar weer ’n keuse van aanbiedingspunte wat vyf keer herhaal sal word. Aanbiedings is 30 minute lank en word elke uur herhaal.

Vanjaar sal daar geen vragmotors beskikbaar wees om besoekers na die proewe te neem nie en daar word gevra dat elkeen so ver moontlik saamry.

Vir enige vrae, kan Gert Conradie by die Wes-Kaapse departement van landbou gekontak word by

074 603 7240 of stuur ’n e-pos aan gert.conradie@westerncape.gov.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article