Die plaaslike vrouelandbouvereniging (VLV) van Malmesbury het onlangs ’n besonderse byeenkoms geniet toe gassprekers van Darling die geleentheid by Myrtledene Café kom bywoon het. Die afgetrede Graad R-onderwyseresse Sanet Lategan en Petro Kirsten, stigters en ontwerpers van die unieke woordspeletjie “My Woord/My Word”, het die gaste meer oor hierdie speletjie kom vertel.
Besoekers by die byeenkoms was baie beïndruk toe Kirsten en Lategan inligting oor die spel, die voordele daarvan en wat alles met die speletjie vermag kan word, gedeel het.
Die speletjie is vir mense van alle ouderdomme – selfs vir peuters – en is nie tot ’n spesifieke taal verbind nie.
“My Woord/My Word” kan selfs deur pasiënte met dimensie gespeel word. “Dit was ’n heerlike interaktiewe vergadering,” vertel Mia Louw, deel van die bestuur van Malmesbury VLV.




