Diago Andrews (17), Charlton van Schalkwyk (17) en Lucaydo Pietersen (17), almal leerders van Schoonslruit Sekondêr, op Kaapstad Internasionale lughawe kort voor hul vlug na Spanje. Foto: verskaf


Diago Andrews (17), Charlton van Schalkwyk (17) en Lucaydo Pietersen (17) – almal leerders van Schoonspruit Sekondêr in Malmesbury – het die afgelope skoolvakansie hul skool in Spanje verteenwoordig waar hulle aan ’n internasionale rugbytoer deelgeneem het. Dié drie leerders is na afloop van die jaarlikse Patriot-sporttoernooi, wat in Maart vanjaar plaasgevind het, vir die Patriot Rhino’s se 15-tal-rugbytoerspan gekies.

Andrews, Van Schalkwyk, Pietersen en die res van die span het op 27 September vir ’n internasionale rugbytoer na Spanje vertrek. Die drie leerders het onder meer ook die geleentheid saam met hul toerspan gekry om die Springbokke by die Rugbywêreldbekerwedstryd teen Tonga in Frankryk te ondersteun. Die leerders het gister na Kaapstad teruggekeer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article