Die volgende plaaslike skolerugbyspelers is vir die o.16- Grant Khomo, o.18-Cravenweek- en o.18-Akademieweek gekies.
Mighael Oberholzer en Hunter Grobler van die Hoërskool Swartland (HSS) neem aan die o.18-Cravenweek deel, terwyl CJ Symington, Kailen Kotze en Jordan Abels, ook van die HSS, vir die o.18-Akadamieweek gekies is. Callium Liedeman sal aan die o.16-Grant Khomo-week deelneem.
Martin Dyason, ’n onderwyser, is onder die afrigtingspan vir die o.18-Cravenweek.
Kyle Albertus van Schoonspruit Sekondêr is vir die o.16- Grant Khomo-week gekies, maar Gazette kon nie die skool teen druktyd vir ’n foto van hom bereik nie.





