Die Hoërskool Robertson se meisies- en seuns-toutrekspanne het op 28 Januarie op die Boy Louw-sportterrein in die Paarl aan die Wynland-skole-toutrekkompetisie deelgeneem. Die 440- en 480-kilogram-meisiespan het die vierde plek behaal, terwyl die 560-kilogram-seunspan derde geëindig het. Die 480-kilogram-seunspan was die naaswenners.

Credit: SYSTEM

Robertson-toutrekspan neem deel in Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article