Bestanddele
1 koppie meel
½ teelepel koeksoda
½ teelepel sout
1 teelepel suiker
’n koppie jogurt
2 eetlepels melk
¼ koppie botter
2-3 knoffelhuisies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper – na smaak
vars koljander – gekap
Metode:
In ’n groot bak, voeg meel, koeksoda, sout en suiker saam en meng goed.
Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en voeg die jogurt, melk en olie by. Meng totdat alles goed ingewerk is.
Meel liggies jou werkoppervlak en knie jou mengsel tot ’n sagte deeg vorm. Wanneer die deeg terugbons as jy dit druk, is dit gereed.
Plaas die deeg in ’n geoliede bak en bedek met ’n lap. Plaas op ’n warm plek en laat rus vir ongeveer 1 uur. Voeg intussen knoffel en botter in ’n pan oor medium-hoë hitte. Laat die botter smelt en die knoffel sal sag kook terwyl dit gaar word. Geur met sout en peper en hou eenkant vir opdiening.
Wanneer die deeg gerus en amper verdubbel het, verdeel dit in 6-8 klein stukkies. Werk met een stuk op ’n slag, rol die deeg in klein balletjies.
Bedek die balletjies en laat hulle vir 10 minute rus.
Druk die balletjies liggies af om dit plat te maak, en rol dit dan uit in ovaalvorms met ’n meelbestrooide roller of lang glas.
Vryf ’n bietjie water-en-oliemengsel aan die een kant van elke naan.
Voorverhit ’n pan oor matige hitte en plaas die nat kant van die naan plat op die pan. Die naan sal begin borrel, dit is hoe jy sal weet dit is gereed om te draai.
Draai dit versigtig om en verbruin dan die ander kant van die naan.
Verwyder naan na ’n bord en smeer met jou knoffelbotter en sprinkel vars koljander oor.
Geniet saam met jou gunsteling- kerrie of op sy eie.
– Food24.com.





