Swartland Gazette het in die uitgawe van 9 April in die beriggewing oor die Swartland-munisipaliteit se voorgestelde konsepbegroting, genaamd “Begroting wys Swartland woeker in die nuwe boekjaar”, verkeerdelik berig dat die eiendomsbelastingtariewe met 5,7% styg. Die eiendomsbelasting vir die 2024-’25-boekjaar neem egter af met 5,7%.
Ons vra verskoning vir die fout.
Die konsepbegroting is beskikbaar vir besigtiging by alle munisipale kantore en op die munisipaliteit se webblad.


