Die Moorreesburg-gemeenskaps­polisiëringsforum (GPF) nooi alle belanghebbendes en organisasies uit om beskikbare kandidate vir die volgende termyn se bestuur te registreer.

Die registrasieproses is reeds oop en duur tot 29 Oktober. Registrasievorms is by die Moorreesburg-polisiekantoor beskikbaar. Alle registrasievorms moet volledig ingevul wees met die organi­sasie se inligting, benoemings­brief en ID-dokumente van die benoemde kandidaat.

Die GPF se jaarvergadering word op 14 November om 18:30 by die Rosenhof-gemeenskapsaal in Sentrumweg gehou. Almal is welkom.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article