Graanprodusente van Malmesbury besoek koringproewe gedurende Agri Malmesbury se jaarlikse proewe-besigtigingsdag, aangebied deur die Koringstudiegroep. Foto’s: Koch Furstenburg

Credit: SYSTEM

Die jaarlikse proewe-besigtigingsdag waartydens produsente in die omgewing van Malmesbury onder meer koring -en kanolalande besoek, is die afgelope Woensdag deur Agri Malmesbury se Koringstudiegroep aangebied.

Die WKG-wisseltrofee vir die beste koringkamp is na afloop van hul besoek aan proewe en graanlande aan die Walters-broers (Henk en Fanie Walters) van Bakenfontein in die plaaslike landbousaal oorhandig.

Johan Smuts van Kersfontein was tweede en Eben Schellink van Driefontein was in die derde plek.

Die Soil-wisseltrofee vir die beste kanolakamp is vanjaar aan Dirk Lesch van Elim oorhandig. Johan Smuts, die naaswenner, se kanola het ook beïndruk, terwyl Paul Truter van Papkuilsfontein in die derde plek geëindig het.

Koch Furstenburg van AECI Plant Health, een van die organiseerders, het die dag as ’n groot sukses bestempel nadat meer as 80 produsente en besoekers die geleentheid bygewoon het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article