Sluit aan by die Abbotsdale- 5 km- of 7 km-pretloop op 6 Augustus by die Abbotsdale-sportterrein.
Volgens die organiseerders is die hoofdoel van die pretloop om die jeug in die gemeenskap te rehabiliteer en hulp te bied aan dwelmverslaafdes en sopkombuise.
Die wegspring vir die 7 km-roete is om 07:30 en vir die 5 km om 08:00.
Lekker pryse kan gewen word.
Inskrywings beloop R50 (16 jaar en ouer) en R20 (onder 15).
Registrasie open vanaf 24 Junie by die Abbotsdale-burgersentrum en -biblioteek asook die Ilingelethu Training Centre Vrydae van 17:00 tot 19:00 en Saterdae van 10:00 tot 15:00. . Vir meer inligting skakel een van die organiseerders by 065 606 8732 (Josias); 062 618 0909 (Booisen); 079 965 9745 (Searge) of 083 604 2011 (Syster).



