’n Geldinsamelingsgeleentheid in die vorm van ’n pretdraf is die afgelope Saterdag by die Nuweplaas Padstal langs die R46 gehou. Sowat 350 inwoners, familielede en vriende het aan die 5-km-pretdraf teen die hange van Kasteelberg op die plaas Nuweplaas kom deelneem ter ondersteuning van Tamsin Alberts (38) van Malmesbury. Borskanker is vroeër vanjaar by Alberts gediagnoseer. Carina van As en Inalise du Plooy van Malmesbury het die geleentheid gereël ter ondersteuning van Alberts, asook om bewusmaking oor borskanker te skep. Bo verwelkom Carina die deelnemers. Foto’s: Hilandi Vrey


Pretdraf plaas klem op kanker

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article