Die Malmesbury-sakekamer het Alan Winde, die premier van die Wes-Kaap (agter regs) Dinsdagaand (20 September) as gasspreker verwelkom. Die geleentheid is by die Suzuki-agentskap se nuwe vertoonkamer op die hoek van Abattoir- en Bokomoweg gehou. Winde het sy passie vir entrepreneurskap met sakelui kom deel en hulle aangemoedig om in die dorp te belê. Hy het verder gesels oor die uitwerking wat misdaad op ekonomiese geleenthede het en benadruk hoe belangrik dit is vir plaaslike entrepreneurs om te weet wat die struikelblokke is wat in die pad staan van entrepreneurskap en werkskepping. Volgens Winde is veiligheid steeds die belangrikste aspek waarop alle plaaslike entrepreneurs moet fokus. Plaaslike entrepreneurs wat lid van die sakekamer is, is genooi om hul ondernemings te kom bekendstel. Bo, saam met Winde, is Anton Bredell (LUR vir plaaslike regering

premier spreek Malmesbury-sakekamer toe

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article