Sarah April van Goue Aar-tehuis vir bejaardes in Malmesbury maak jaarliks tientalle poppe en skenk dit dan vir liefdadigheid. Verlede jaar kon Sinethemba tuisversorgings-dienste se personeel die poppe uitdeel aan gesinne vir wie hulle sorg, en vanjaar het Cynthia Slingers van Dahlia-traumasentrum die poppe ontvang. Die laaste drie jaar se sagte troetelgoed is gebrei, hoewel die flukse 81-jarige in die verlede poppies van lap gemaak het – elk met ’n vrolike rokkie aan. Links is April saam met Slingers (regs).


Poppies vir geselskap

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article