Drie verdagtes is verlede week in hegtenis geneem nadat die plaaslike polisie op dwelms van oor die R27 000 in Moorreesburg afgekom het.

Polisiebeamptes het verlede Donderdagaand (7 Julie) twee persele in Spreeusirkel en Sirkelstraat deursoek nadat hulle ’n lasbrief bekom het.

By die adres in Spreeusirkel is op vyf bankies tik en ses Mandrax-tablette beslag gelê, en in Sirkelstraat op 58 Mandrax-tablette. Die geraamde straatwaarde van die dwelms word op R27 090 bereken.

Die drie verdagtes, tussen 28 en 34 jaar oud, het Maandag 11 Julie in die Moorreesburg-landdroshof verskyn.

Die stasiebevelvoerder, lt.kol Bertus Conradie, het die lede vir hul uitstekende werk bedank.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article