Piketberg se Eldon van der Merwe is vir ’n Kanna-prys vir beste manlike speler in ’n hoofrol in Fietsry vir dommies benoem.
Die stuk is ook vir beste toneelaanbieding en beste regie (Dean Balie) benoem.
Die Kanna-pryse word elke jaar ná die KKNK uitgegee.
Die paneel wat die Kanna-pryse beoordeel, het oor nege dae by vanjaar se KKNK meer as 100 produksies gesien, en die wenners word Donderdag (9 Mei) by ’n glansgeleentheid by Leopard’s Leap in Franschhoek aangekondig.


