Die ACVV Jakaranda-dienssentrum op Robertson het aan die einde van 2022 die pienk kerkie se 155ste bestaansjaar met ’n herdenkingstee gevier.

Die gaste is op ’n geskiedkundige reis deur die kerkie, wat in 1867 gebou is, geneem.

Die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede het die gebou in 1984 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar, en met die ontwikkeling van die aftreedorpie asook die restourasie van die kerkie, wat in April 1996 voltooi is, is die kerkie vandag gewis ’n monument vir al die mense van Robertson, wat daarna gestreef het om die kerkie vir die nageslag te bewaar.

Tans word die kerkie vir die Jakaranda-dienssentrum gebruik, en etlike aktiwiteite vir mense van 60 jaar en ouer word daar aangebied. . Skakel 023 626 4927 vir nog inligting oor die geskiedenis van die sogenaamde “pienk kerkie“.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article