Die brandweer op die toneel by Quantum Foods in Bokomoweg waar daar vroeër vanmiddag ‘n ontploffing was.


Drie mense is ernstig beseer ná ’n ontploffing vroeër vanmiddag (10 Junie) by ’n sakeperseel in Malmesbury.

Volgens sers. Henry du Randt, ’n polisiewoordvoerder vir die Malmesbury-polisiekantoor het ’n ontploffing omstreeks 15:05 by Nova Voere, deel van die pluimveegroep Quantum Foods, se aanleg in Bokomoweg plaasgevind. Een van die beseerdes is na die Tygerberg-hospitaal se brandeenheid vervoer terwyl die ander twee na die Swartland-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

ontploffing

Die brandweer op die toneel by Quantum Foods in Bokomoweg waar daar vroeër vanmiddag ‘n ontploffing was.

“Op hierdie stadium is ’n ondersoek van stapel gestuur deur die maatskappy, Swartland-munisipaliteit se brand- en reddingsdienste en die departement van arbeid.”

Du Randt sê dit is nog onbekend wat tot die ontploffing gelei het.

Die gedeelte waar die ontploffing plaasgevind het.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en sal aangepas word soos inligting bekend word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article