Jaco de Wet (links) en sy seun Erik is beide in Robertson gebore en is boonop oud-Hoërskool Robertson-leerders. Jaco het in 1975 gematrikuleer, en Erik, sy oudste seun, in 2000. Erik het reeds op ’n vroeë ouderdom die liefde vir kleiduifskiet by sy pa geërf en skiet – soos sy pa – al van tienjarige ouderdom af. Dié pa en seun spog nie net met Wes-Kaapse en Protea-kleure nie, maar het ook op 22 Maart aan die Suid-Afrikaanse kleiduifskietkampioenskap deelgeneem. Hier het Jaco ’n eerste plek behaal met ’n telling van 196/200 en hy is as die Suid-Afrikaanse kampioen aangewys. Talle internasionale deelnemers van nege verskillende lande het ook aan hierdie kompetisie deelgeneem. Die pa-en-seun-duo het op 27 Maart aan die wêreldkampioenskap deelgeneem, wat hierdie jaar plaaslik by die Valley Sun-klub naby die Paarl gehou is. Die weersomstandighede was nie ideaal nie, maar beide skuts het daarin geslaag om onder die top-20 in hul onderskeie kategorieë te eindig. Jaco se span, die veterane, was die naaswenners en Erik se span, die seniors, derde.


Pa en seun skiet saam

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article