Die sosiale klub van die Fonteine Village-aftreeoord in Malmesbury het die afgelope Woensdag (25 Oktober) inwoners se uitnodigings na hul jaareindgeselligheid op ’n prettige wyse afgelewer. Die trompoppies van die Malmesbury-Majorettes-klub het ’n skouspelagtige vertoning in die strate van die aftreeoord gelewer, terwyl inwoners toegekyk het. Bo links: Van links staan Mark Turnbull, Michelle Turnbull, Adriana Fourie, Hannie Roos en Marzanjah Ackerman van die Silae-klub. Johan Burger, wat ook deel van die klub is, het die pad vir die trompoppies aangewys. Foto’s: Charlotte Lesch


ouetehuis vaar strate in om jaareindgeselligheid te adverteer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article