Hierdie groep oudleerders van De Villiers Laerskool het onlangs, na 25 jaar, reünie gehou.


De Villiers Laerskool se klas van 1997 het onlangs hul 25-jaar-reünie gehou.

Hulle het ook tyd gemaak om die hoof te verras.

“Ons het 09:00 by die skool bymekaargekom. Ons het die hoof, Rozanne Michaels, gevra om die skool vir ons oop te sluit en toe verras ons haar met verskeie items vir die leerders. Elkeen van ons het byvoorbeeld skoene, handskoene, skryfbehoeftes, truie en sokkies gekoop. Ons het dit alles in ’n boks verpak en aan die hof gegee. ’n Mens kon aan haar gesigsuitdrukking sien hoe dankbaar en emosioneel sy was. Ons het ook ’n oomblik van stilte gehad vir die maatjies wat ons oor die jare heen verloor het,” het een van die oudleerders, Jeflin Smith, gesê.

Die groep was vir twee jaar saam – van 1995 tot 1997 – en was baie opgewonde om ná soveel jaar weer saam te kon kuier.

“Ons destydse klasmaats het van oral gery om die geleentheid by te woon. Dit was so lekker om almal weer te sien en oor ons laerskooldae te praat. Ná die verrigtinge by die skool het ons by Cosy Corner gaan sit en kuier, waar ons lekker gesellig was en baie gelag het.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article