Die gemengde 520kg-toutrekspan van die Hoërskool Robertson vertrek binnekort na Switserland, waar hulle aan die wêreld-toutrekkampioenskap sal deelneem. ’n “Legends”-aand-geldinsameling word op 28 Julie om 18:00 vir 18:30 by die Robertson-stadsaal gehou. Kaartjies kos R400 per persoon met ’n steak-ete ingesluit. Al die geld wat ingesamel word, sal aan die toutrekspan gaan, wat hul eie uitgawes moet dek. Die legendariese inwoners wat teenwoordig sal wees, sluit in Jaco van Dyk van WoesTV, Naas Botha, Marius Joubert en De Wet Barry, sowel as die sanger Viljoen Retief en die sanggroep The Kings. Kontak rhsswistoer23@gmail.com vir kaarjtjieverkope of ander navrae.


Ondersteun Robertson se toutrekspan

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article