Die Hoërskool Swartland se 0.17- en o.15-rugbymanne het verlede naweek aan die Swartland Frogfoot-7’s-rugbytoernooi deelgeneem en uitstekende resultate gelewer.
Die o.17’s se uitslae is as volg:. Wen 41-5 teen Hexvallei; Speler van die wedstryd: Daniel Walters; . Wen 35-0 teen Dirkie Uys; Speler van die wedstryd: Kailen Kotze;. Gelykop (12-12|) teen Strand; Speler van die wedstryd: Kailen Kotze; en. Wen 36-5 teen Melkbosstrand; Speler van die wedstryd: Liam Anthony.
Die skool was tweede in Groep A as gevolg van ’n punteverskil. Hulle het egter na die halfeindronde deurgedring en 29-24 teen Montagu gewen. Speler van die wedstryd: Kailen Kotze.
In die eindstryd teen die Hoërskool Punt van Mosselbaai het Swartland 19-17 gewen. Die Speler van die wedstryd was JH Kleynhans.
Swartland se o.17-span het dus onoorwonne geëindig.
Die o.15’s se uitslae is soos volg:. Verloor 5-0 teen Schoonspruit;. Wen 22-10 teen Jakes Gerwel; en. Wen 24-7 teen Wesbank.
Hulle het na die Plaat-halfeindronde deurgedring en 24-21 teen die Hoërskool Punt van Mosselbaai gewen. Die Speler van die wedstryd was De Wet van Aswegen. Hulle het egter in die Plaat-eindstryd 17-24 teen die Hoërskool Strand verloor en was algeheel sesde.





