Drs. Neethling, Nel en Beukes in Malmesbury het onlangs ’n nuwe toevoeging tot die span verwelkom. Dr. Louise du Plessis (foto) het haar onlangs by die praktyk in Tuinstraat aangesluit. Sy het haar MBChyB-graad in 2018 aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf, waarna sy haar gemeenskapsdiensjaar by die Swartland-hospitaal voltooi het. Dr. Du Plessis het ’n passie vir kinder- en vroue-gesondheid en ’n spesiale belangstelling in familiegesondheid. Die praktyk glo sy sal ’n groot bydrae in die gemeenskap lewer.

Credit: SYSTEM

nuwe dokter in m’bury

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article