Die sekuriteitsdienste AR24 het die afgelope naweek op ’n noodlottige mesaanval in Smutsstraat, Malmesbury, gereageer. Foto: AR24


’n Verdagte (54) sal na verwagting vandag (15 Oktober) in die Malmesbury-landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn nadat ’n 52-jarige slagoffer die afgelope Saterdag noodlottig met ’n mes gesteek is.

Die voorval het op 12 Oktober omstreeks 15:10 in Smutsstraat agter die McDonalds-kitskosrestaurant plaasgevind.

Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder van Malmesbury-polisiekantoor, Henry du Randt, is die slagoffer van die mesaanval reeds met die polisie se aankoms op die toneel deur nooddienspersoneel dood verklaar. Die slagoffer, Brumilda Visagie, is glo gedurende ’n rusie in haar bors met ’n mes gesteek.

Volgens ooggetuies was alkohol glo betrokke by die rusie wat tussen die verdagte (54) en die slagoffer ontstaan het, het die polisie bevestig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article