Die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering het – in ’n poging om ondersteuning te bring aan plaaslike munisipaliteite se kragvoorsieningskapasiteit tydens beurtkrag – ’n groot bedrag geld uit sy nood- munisipale beurtkragfonds beskikbaar gestel om ondersteunings-energievoorsiening te verkry en te laat installeer om sodoende basiese munisipale dienste tydens beurtkrag te laat voortduur.
’n Totale bedrag van R350 000 is hierdeur aan die Langeberg-munisipaliteit toegeken.
Die munisipaliteit het besluit om ’n kragtige 300KVA-kragopwekker vir die Montagu waterbehandelingswerke aan te skaf.
Die toekenningsfinansiering, wat vir hierdie doel ontvang is, is egter nie heeltemal voldoende nie, en die munisipaliteit sal ’n geraamde bykomende bedrag van R604 000 hiervoor voorsien.
’n Tender is reeds vir die kragopwekker uitgereik.
.


