Gazettehet verlede week berig oor drie leerders van Ashton, wat gekies is om in Desember aan ’n 7’s-rugbytoernooi in Maleisië te gaan deelneem. Intussen is verneem nog leerders van hierdie streek is ook gekies om daar te gaan speel. Agter is Henrico van Wyk, Dehandre Theodore, Johnwin Ambros, Shaun-D Wagenaar, Jowayden Cupido, Abraheem van Der Westhuizen en Lee-Irvin Antonie. Voor: Kurt Spochter, Brendon Fuller, Jo-hamen van Der Merwe, Lee-Ryan Fortuin en Fernandes Moses. Die kostes beloop ongeveer R32 750 per speler. Enigiemand wat bereid is om ’n bydrae te maak om dié spelers se reis moontlik te maak, kan Russel Carelse by 079 024 1490 bel.


nog spelers op pad na maleisië

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article