Malmesbury se eerste en tweede krieketspanne het ná hul goeie oorwinnings van sewe paaltjies oor Piketberg verlede Saterdag (11 November) Robertson die afgelope Saterdag (18 November) weg en tuis gepak.

Al twee spanne het egter hul rieme teen Robertson se eerste en tweede spanne styfgeloop toe die eerste span vir 147 in 47.3 boulbeurte uitgeboul is en die tweede span vir 156 almal uit – dus nie ’n goeie dag vir Malmesbury-krieket nie.

Die twee spanne speel eerskomende Saterdag (25 November) tuis teen Worcester Victorians in sy voorlaaste wedstryd en sluit die eerste ronde teen sy buurman Darling op Darling se sportterrein op 2 Desember af, terwyl die tweede span weg en tuis teen dieselfde spanne speel.

Robertson het die teiken in 29.5 boulbeurte gehaal en met ses paaltjies gewen.

Sergio Rooms weet die bult om uit te klim, gaan al moeiliker word, maar hulle kan gewis die bordjies in die tweede ronde verhang aangesien krieket so onvoorspelbaar is.

Die tweede span het ook vasgeval nadat hy goed op dreef was om die teiken van 268 te haal, maar het die wedstryd “weggegooi” toe hy paaltjies op ’n skinkbord aan Robertson gegee het en vir 176 lopies uitgeboul is.

Robertson se tweedes het met 91 lopies gewen.

Hulle reis Saterdag na Worcester waar hulle Worcester Victorians pak, terwyl die eerste span Worcester Victorians op Malmesbury pak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article