Die NGK Riebeek Kasteel se Lentefees-aktiwiteite vir Augustus en September is om die draai.. Saterdag 26 Augustus: Porseleinberg 4×4 (Riebeek Kasteel). Die gradering 3-roete deur plase en op teen Porseleinberg. Dit kos R350 per voertuig wat die roete doen. Vir slegs die watergat is dit R100 per voertuig.

Die watergat is om in die modder te speel en lekker saam met vriende en familie te kuier.

Vir meer inligting oor die 4×4, kontak Boet le Roux by 082 807 1224.. Saterdag 2 September: Die Lentefees-basaar word van 06:30 tot 14:00 by die Laerskool Riebeek Kasteel gehou.

Van die gunstelinge wat beskikbaar sal wees, sluit in basaarpoeding, braaivleis, potjiekos (afval en waterblommetjies), roosterkoek, tuisgebak, kindertafels en vermaak, vars vrugte en groente, ’n teetuin en alles wat lekker is.. Saterdag 2 September is ook die Riebeek Valley MTB & Trail Run by die Laerskool Riebeek Kasteel se sportterrein van 06:00 tot 12:00. Entry Ninja-registrasie is van 06:00 tot 07:00 op die dag.

Besoek Facebook: Riebeek Valley MTB & Trail Run vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article