Die Wes-Kaapse Minister van kultuursake en sport, Anroux Marais, het gister (Maandag 3 Julie) die netbal-wêreldbeker-trofee ontvang, waarna ’n dae lange toer met die trofee deur die Wes-Kaap sal plaasvind om dit aan gemeenskappe ten toon gestel. Die beker sal Donderdag 6 Julie ’n draai in Ashton maak, waar inwoners van 10:30 af netbal-wêreldbeker-gees by die Zolani-biblioteek kan vang. Die 2023-Vitality-netbal-wêreldbeker word van 28 Julie tot 6 Augustus in Kaapstad beslis en dis die eerste keer dat dié toernooi in Afrika plaasvind. 16 spanne dit oor die 10 dae sal uitspook in die hoop dat hulle in netbal se mees gesogte byeenkoms as kampioen gekroon word.


netbal-wêreldbekertrofee hier

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article