Die opkomende Vitality Netbalwêreldbekertoernooi se trofeetoer het die afgelope Donderdag ’n draai in Malmesbury kom maak. Verskeie toeskouers, ondersteuners en ywerige netbalspelers van plaaslike skole het lede van die toerspan opgewonde ingewag. Die gesogte trofee is saam met lede van die toerspan verbonde aan die Spar-Proteas-netbalspan en SA Netbal deur die SAPD en munisipale amptenare van die Swartland na hul onderskeie bestemmings vergesel. Hul eerste besoek was by Malmesbury-Superspar, gevolg deur ’n besoek aan die plaaslike gemeenskapsportsentrum, Score. Die wêreldbekertoernooi begin eersdaags – op 28 Julie – by die internasionale konvensiesentrum in Kaapstad (KIKS) en duur tot 6 Augustus. Die internasionale netbaltoernooi vind die eerste keer op eie bodem plaas. Die uitvoerende burgemeester van die Swartland, Harold Cleophas, het die geleentheid bygewoon. Regs van hom staan die president van SA Netbal, Cecilia Molokwane, saam met Boffie Strydom (die burgemeester van die Weskus-distriksmunisipaliteit) en Anroux Marais (Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport). Foto’s: Charlotte Lesch


Netbal-wêreldbekertrofee draai in Malmesbury

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article