Die bestuurder van die Audi het volgens die plaaslike polisiewoordvoerder, sers. Hennie du Randt, weens die botsing beheer oor die voertuig verloor. Foto’s: Lodewyk Lesch

Credit: SYSTEM

’n Botsing tussen ’n silwer Audi en ’n Mercedes-vragmotor, wat plaaswerkers vervoer het, het verlede Dinsdag (7 November) omstreeks 08:00 op die hoek van die R46 en die Riebeeksrivier-afdraai, plaasgevind.

Die bestuurder van die Audi het volgens die plaaslike polisiewoordvoerder, sers. Hennie du Randt, weens die botsing beheer oor die voertuig verloor.

Volgens inligting het die Audi het met die trefslag gerol en ’n paar meter verder tot stilstand gekom.

Albei bestuurders en ’n paar insittendes van die vragmotor is per ambulans na die Swartland-hospitaal geneem. Niemand is ernstig beseer nie, hoewel die bestuurder van die Audi ligte nekbeserings opgedoen het. 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article