Van links staan die Fanatics Dillon Jeneke Elrin Mouries, Breyton Geduld, Alex Tiemie en Preston Fortuin. Foto:

Credit: SYSTEM

Die potspelwedstryde tussen Hillside B en Fanatics was die afgelope naweek baie gelykop.

Fanatics Poolklub het Sondag (7 Augustus) in ’n stadium die voortou geneem, maar Hillside B het nie op hom laat wag nie, en skielik moes Fanatics die knie voor Hillside B buig.

Hillside B het Fanatics in die laaste twee bene behoorlik harde bene laat kou, waarvan Hillside B die wedstryd 14-11 gewen het. Hillside B het toe sewe punte gekry, terwyl Fanatics maar dankbaar was met sy twee.

In die wedstryd tussen Killer-Beatz en All Stars het Killer-Beatz aan All Stars bevestig hy gaan die ander span ’n ding of twee met die driemanspel wys – Killer-Beatz het met 14 punte teenoor 11 gewen. Gerovan Otto en Deané Jeneke het elk 5/5 punte vir hul span (Killer-Beatz) behaal.

Hierdie Sondag (14 Augustus) pak Hillside A en All Stars mekaar, terwyl Killer-Beatz en Fanatics mekaar ook aandurf. Hillside B geniet ’n loslootjie.

Die Langeberg 8 Ball Pool-liga hou Saterdag 10 September ’n groot potspelkompetisie by die Langeberg Pool-akademie. Twee klubs, naamlik Langeberg 8 Ball Pool Robertson en Swartland-klub (Malmesbury), durf mekaar in dié potspelstryd aan. Albei klubs het aan die junior en senior SA kampioenskap in Saldanhabaai deelgeneem.

Swartland Malmesbury sien uit daarna om Langeberg by dié groot geleentheid aan te durf. Langeberg berei hard voor en sal in verskeie afdelings deelneem, naamlik o.14, o.18, o.23, een vroue en een senior span.

Langeberg 8 Ball Pool se vrouespan oefen ook reeds hard.

’n Enkelspel-uitklopwedstryd word aan die einde van die dag gehou, waar ’n groot prys vir die algehele wenner op die spel sal wees.

Alle potspelspelers sal welkom wees om aan hierdie enkelspeluitklop deel te neem.

Inskrywings kos R20. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article