Plaaslike motoriste moet daarop let dat alle verkeer van 26 Junie tot 10 Julie toegang uit Malmesbury na die N7 en van die N7 na Malmesbury in beide rigtings van Moorreesburg en Kaapstad af met die nodige padaanwysings sal geniet.

Volgens ’n kennisgewing van die Swartland-munisipaliteit word padgebruikers gemaan om versigtig te bestuur by die tydelike afrit by die sirkel in die rigting van Kaapstad en Moorreesburg.

Verkeer sal dus te alle tye toegang hê van die dorp af na die N7 asook van die N7 na die dorp.

Van 10 Julie tot 25 Augustus sal alle ingange en uitgange van die N7/Voortrekkerweg-wisselaar oop wees vir verkeer, behalwe die afrit na Kaapstad. Padgebruikers moet in hierdie geval alternatiewe roetes gebruik.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article