Na aanleiding van ’n berig in die Gazette onlangs oor plaasbesetters op ’n wynplaas by Robertson, en vrae wat aan die Langeberg-munisipaliteit gestel is oor die aanbod van die eienaar van die plaas om ’n gedeelte van die plaas te verkoop vir behuising, reageer die munisipaliteit as volg:
“Intussen is onwettige strukture op die plaas opgesit.
“As plaaslike regering is die Langeberg-munisipaliteit nie vry om toekomstige ontwikkelings of die huidige stand van sake van grond in private besit te bespreek nie.
“Sou die munisipaliteit belangstelling toon in die genoemde eiendom, sal dit deur die twee partye beraadslaag word en deur ’n grondverkrygingsproses gaan, wat deur die provinsiale regering gefasiliteer word.”


