Die pad tussen Robertson en Ashton was Saterdag vir ongeveer vyf ure gesluit ná ’n botsing om 15:15 tussen ’n bus en ’n motor. Volgens die Robertson-polisie het drie mense in die ongeluk omgekom – ’n 50-jarige, ’n 40-jarige en ’n driejarige kind. Dit is op hierdie tydstip nog onbekend hoe die botsing gebeur het. Die bus het erge skade aan die voorkant by die buffer opgedoen en die motor was onherkenbaar. Die bus was op pad na Robertson en die motorvoertuig na Ashton toe die ongeluk gebeur het. Foto’s: Ismail’s Towing

Credit: SYSTEM

Motor verfrommel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article