Polisielede van die Moorreesburg-polisiekantoor het die afgelope week spoedig gereageer nadat ’n klagte oor ’n rooftog aangemeld is.

Die rooftog het op 29 April by die plaaslike tak van Agrimark plaasgevind.

Nadat beeldmateriaal van die voorval die aand op die sakeperseel deeglik ondersoek is, het die polisie met hul soektog na die vermeende oortreders begin.

Die verdagtes is kort daarna in hegtenis geneem op aanklagte van roof en die onwettige besit van ’n vuurwapen. Die vuurwapen wat tydens die rooftog gebruik is, is by die vermeende misdadigers ontdek.

Die verdagtes, tussen 17 en 35 jaar oud, het die afgelope Woensdag in die Moorreesburg-landdroshof verskyn. – Charlotte Lesch

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article