Wingerdlootjie-dag-en-nasorg het sy jaarlikse modeparade verlede Saterdag (17 September) by die NG kerk Noord se saal in Bergzichtstraat aangebied. Freda Calitz, die skoolhoof van Wingerdlootjie, sê Mnr. en Mej. Wingerdlootjie asook Mnr. en Mej. Persoonlikheid is by die geleentheid aangewys. Volgens Calitz was die dag ’n groot sukses en het die kinders dit baie geniet. Die wenners was: Meliah Pietersen (Mej. Wingerdlootjie), Alizay Bobbejee (Mej. Persoonlikheid), Beauden Williams (Mnr. Wingerdlootjie) en Cayden Bobbejee (Mnr. Persoonlikheid).


Mnr, mej. Wingerdlootjie aangewys

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article