Deelnemers aan Mev. Agri 2023 Foto: Verskaf


Dit is amper weer tyd vir die tweede Mev. Agri-kompetisie, wat eersdaags in Saron plaasvind.

Maria Manual, die stigter en koördineerder van die besonderse kompetisie, het verlede jaar besef hoe hard vroue op plase werk. Sy het besluit dié vroue, van wie sommige al van ’n baie jong ouderdom op ’n plaas werk, afleiding nodig het.

Manual, wat met die jeug in haar gemeenskap werk, het die plaaslike kinders gevra of hulle daarvan sal hou as hul ma, tannie of ouma aan ’n skoonheidskompetisie deelneem. “Die kinders was baie opgewonde oor die idee. Hulle het baie daarna uitgesien om hul ma op die loopplank te sien,” vertel Manual. Sy het plaaslike vroue vertel wat hulle beoog om te doen en die groot belangstelling en opgewondenheid oor die gebeurtenis was ’n aanduiding dat hulle ’n lekker aand nodig gehad het.

“Verlede jaar was ’n groot sukses. Vroue van sewe plase het aan die kompetisie deelgeneem.

Die oudste deelnemer was 60 jaar oud.

Een van die deelnemers het gesê sy kan nie glo dat hulle (gehoor) vir haar skree nie.

“Die geleentheid het baie vir hul selfbeeld beteken. Die een vrou se man het haar amper nie herken nie,” skerts sy. Dit was ’n fantasmagoriese aand.”

Vanjaar staan inskrywings reeds op sowat 40 vroue wat 12 plase in die omgewing verteenwoordig. . Mev. Agri 2024 vind op 23 Maart by die Saron-gemeenskapsaal plaas.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article