Gazettehet in Julie 400 pakkies sanitêre doekies aan Sinethemba oorhandig.

Credit: SYSTEM

Altesaam 1 050 sanitêre doekies is reeds hierdie jaar as deel van die Swartland Gazette se projek om sanitêre doekies aan minderbevoorregte meisies en vroue in die Swartland-gemeenskap te voorsien, uitgedeel.

Die Gazette-span in samewerking met Clicks se takke in Malmesbury het tussen Julie en Oktober pakke sanitêre doekies aan verskeie plaaslike skole asook twee diensorganisasies geskenk.

Die gemeenskapsorganisasie Sinethema het op 15 Julie 400 doekies ontvang en dit in ander gemeenskappe uitgedeel: Maandag (18 Julie) het hulle 250 pakkies in Chatsworth vir Mandeladag uitgedeel, en Dinsdag 19 Julie 50 pakkies vir Riverlands, 50 vir Abbotsdale en 50 vir Kalbaskraal.

Gazette het Dinsdag 27 en Woensdag 28 September die rondes gedoen en 100 pakkies sanitêre doekies by elk van vyf plaaslike skole uitgedeel: Meiring Primêr in Riebeek Kasteel, Ruststasie Primêr in Moorreesburg, St. Thomas Primêr in Wesbank, Ilingelethu Sekondêre Skool en Wesbank Sekondêre Skool.

Die Christelike vrouegroep House of Praise Ecclessia het Vrydag 5 Augustus 100 pakkies sanitêre doekies ontvang en op Vrouedag sanitêre doekies in die Wesbank- en Saamstaan-gemeenskap uitgedeel.

Sinethema het Woensdag 12 Oktober nog ’n skenking van 50 pakkies sanitêre doekies van die Gazette ontvang en dit by Goede Hoop Primêr as deel van hul tienerswangerskap-inisiatief uitgedeel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article