Skryf nou in vir die wynlande se grootste padren, die 2023-Safari-halfmarathon in Wellington.


Alle paaie lei op 1 Mei na die skilderagtige Bolandse dorp Wellington vir die Safari-halfmarathon en 10 en 5 km-wedlope, wat jaarliks duisende hardlopers lok.

Die wedloop kon weens die afgelope drie jaar se Covid-krisis nie plaasvind nie.

Die hoogtepunt, die Safari-halfmarathon, is een van Suid-Afrika se gewildste halfmarathons en gewis die gewildste in die Kaapse Wynlande.

Vanjaar behels weer ’n hardloop- en stapwedloop oor 21,1 km en 10 km sowel as ’n pretloop oor 5 km.

Die skilderagtige roete is ’n kombinasie van pad- en veldwedlope met ’n pragtige uitsig op die omliggende wingerde en berge in en om Wellington. Die byeenkoms lok topklas-atlete wat om die groot prysgeld meeding. Die wedloop is egter ook ’n gewilde uitstappie vir ontspannings­drawwers en -stappers sowel as vir die gesin wat ’n ontspanne wandeling in die 5-km-draf-stap wil meemaak.

Alle deelnemers ontvang fieterjasiesakke en medaljes.

Stalletjies met heerlike kos en dies meer sal by die eindpunt wees, waar die hele gesin kan uitspan en speelplek vir kinders ingerig sal wees.

Gelukstrekkings met puik pryse op die spel word ook gehou.

Inskrywingsfooie: 21,1 km – gelisensieerde deelnemers: R195; ongelisensieer: R255; 10km: gelisensieerde deelnemers: R135; ongelisensieer: R185; 5 km: R50.

Sluitingsdatum vir inskrywings is 9 April en wedloopnommers kan by Sportsmans Warehouse afgehaal word.. Vir meer inligting kontak Top Events per e-pos by info@topevents.co.za of skryf in by topevents.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article