Die Suid-Afrikaanse polisiediens op McGregor is op soek na buurtwaglede om die polisie te help met die bekamping van misdaad en om die dorp te beveilig deur voetpatrollies te doen.
Lede van die gemeenskap wat belangstel om aansoek te doen moet geen kriminele rekord teen hul naam hê nie. Voornemende aansoekers kan kontak maak met sersant Yvonne Botha, die sektorbestuurder van die dorp. Belangstellendes kan persoonlik na die plaaslike polisiekantoor gaan of gedurende kantoorure – van 08:00-16:00 – 023 625 8000 of 082 443 9300 bel.
Enige navrae kan aan die kommunikasiebeampte, sersant Hendrik Willemse, of die stasiekommissaris, kaptein Morné Williams, gerig word.


