Hans Neethling van Malmesbury was lid van Suid-Afrika se binnenshuise manshokkiespan wat van 3 tot 9 Februarie in Kroasië meegeding het. By hierdie wêreldbyeenkoms, wat deur die internasionale hokkiefederasie gereël is, het Suid-Afrika vir die heel eerste keer ’n medalje losgeslaan toe hulle België met 6-5 geklop het. Die bronsmedalje wat hulle hiermee verdien het, is ook ’n heel eerste medalje van sy soort vir ’n Afrika-land. Foto: Zac Zin


Manne wen SA se heel eerste hokkiemedalje

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article