Altogether 53 people were murdered in the Overberg in the period October-December 2023, an increase of 13 murders from the same period the previous year.


’n Verdagte (20) is Maandagoggend (11 Maart) in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n 44-jarige inwoner van Chatsworth.

Die voorval is laat Sondagaand deur ooggetuies by die plaaslike polisiekantoor in Malmesbury aangemeld.

Quinton Jasson (44) is op 10 Maart twee keer met ’n mes gesteek. Met die polisie se aankoms was Jasson reeds deur ambulansdienste se mediese personeel dood verklaar.

Die slagoffer en die verdagte was volgens inwoners bekend aan mekaar.

Volgens een van die ooggetuies het ’n rusie tussen Jasson en die verdagte ontstaan, wat tot die tragiese voorval gelei het. Die verdagte verskyn Woensdag (13 Maart) in die hof.

Die Malmesbury-polisie ondersoek die moord.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article