Die 560 kg gemengde o.23 span het goud in die presidentsafdeling behaal.


Die Malmesbury-toutrekklub het op 22 Oktober by die Suid-Afrikaanse toutrekkampioenskap in George goed presteer.

Dit volg nadat die Malmesbury-atlete in Julie aan die WP-streekkampioen­skap in Valsbaai gaan deelneem en verskeie WP-spanne behaal het. Hulle het die volgende prestasies in George behaal:. 580 kg gemengde A-span (vier mans en vier vroue) – brons in die premierafdeling; . 560 kg gemengde o.23-span (vier mans en vier vroue) – goud in die presidentsafdeling;. 540 kg-vrouespan – brons in die presidentsafdeling; . 640 kg-mans – goud in die presidentsafdeling.

Die Malmesbury-toutrekklub sluit dus sy senior seisoen op ’n hoë noot af. Die junior seisoen begin nou vir enigiemand tussen ses en 13 jaar oud wat daarin belangstel om dié sport te beoefen.

Navrae kan gerig word aan Rentia van den Berg by 060 508 5144.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article